GRATIS VIR JUL TROUE

bride.jpg  Lees meerTeken in
  • Huweliksbeplanner
  • RSVP Aanlyn 
  • Eie web adres
  • Skep jul trou-blad self
  • Eie foto op voorblad
  • Vra Libbie gratis adviesdiens
  • Troukoors! gratis troue-tydskrif

JUL EIE TROUE-WEBBLAD

groom.jpg Lees meerOntwerpe
  • Groot keuse templette
  • Klassieke en jongste temas
  • Elegant en noodsaaklik
  • Maklik om te gebruik
  • Net-vir-jou ontwerpe
  • Privaatheid
Tuis

 

 Baie geluk!

Jou troue is een van die mooiste oomblikke van jou lewe - 'n fees wat wag om te gebeur!
  • Is jy 'n op-die-voorpunt bruid wat jou troue 'n tikkie anders wil maak?
  • Moet jou troureelings seepglad en reg verloop?
  • Wil jy maklik met al jul gaste kan kommunikeer - hier en reg oor die aardbol?
  • Wil jy al die lekker deel met jul vriende?
Dan oorweeg jy sekerlik jou eie webblad vir jou troue?
Kyk na ons ontwerpe (klik op die foto-kassie)
Lees wat jou eie webwerf by ons insluit,  watter gratis ekstra dienste outomaties deel van jul webwerf is en watter ekstra dienste beskikbaar is.

 

Is dit duur?

Nee, glad nie. Pryse begin by R399. Dit kom neer op R99 om jul webwerf te skep en R100 per maand vir hosting en tegniese ondersteuning. Dit sluit gratis RSVPs in. Julle spaar dus alreeds die ontwerp, drukwerk en posgeld vir RSVP-kaartjies. Julle gaan ook selfoon- en telefoonkoste spaar ... en baie tyd en stres om al die reelings aan almal oor te dra.
Jul eie troue-webblad is prakties, stylvol en pret - en elke sent werd.

Onthou!
Teken in voor julle jul troukaartjies laat maak, sodat julle jul webadres daarop kan plaas en jul RSVPs op jul webwerf kan ontvang. 

Wat jou webwerf by ons reeds insluit

By ons kry jy 'n webwerf met al die 'bells & whistles'. Binne 'n oogwink en teen 'n fraksie van die koste. Al die tande-kry haakplekke is klaar uitgesorteer. Jul webwerf is klaar getoets en werk reeds vlot. Dis 'n kommervrye kopie.
As julle wel 'n webwerf wil nuut skep, kyk na ons eksklusiewe diens vir die webblad-ontwerp vir troues
Julle kry die volgende:

  • Jul eie web-adres Jul gaste gaan direk na jul webwerf. Hulle klik nie eers na ons en dan daarvandaan na julle nie. 
  • Jul eie ruimte   Ons is nie betrokke op jul webwerf nie; ons is nie 'n bemarkingsportaal nie en ons bemark ook nie aan julle gaste nie - daar is geen spampos van ons af nie.
  • Julle is self webmeester van jul webwerf  Die voordelel? Julle plaas self die inhoud op jul webwerf, laai self julle foto's en bring self veranderings aan, sit self skakels in en stel self epos skakels op ... sodat julle nie vir elke dingetjie 'n webontwerper hoef te vra en te betaal nie. Dit gee julle die vryheid om julle self te wees en julle in jul eie woorde uit te druk. Julle kan so vinnig/stadig werk as wat jul tyd julle toelaat.
  • Die ingeslote tutoriaal verduidelik mooi hoe om als te doen - dis regtig maklik.
  • Jul webadres en jul tuisblad titel kan verskil ... en julle kies altwee self. Jul webadres kom in die formaat http://............. .OnsTroudag.co.za, byvoorbeeld  http:// Stef-en-Elain-se-Troue.OnsTroudag. co.za met op jul tuisblad Stef en Elain
  • Julle kry 'n volledige webwerf met 17 bladsye PLUS twee interaktiewe bladsye (jul RSVP-bladsy en jul Gasteboek-bladsy) PLUS 'n privaat seksie wat net vir julle toeganklik  is. Onder  meer ingesluit is 'n Geskenkregisterbladsy, 'n bladsy vir roetekaarte en nog een vir akkommodasie.
  • Julle verpersoonlik jul webwerf self Met soveel ontwerpe wat gemeng en pas kan word skep julle maklik jul eie, unieke voorkoms ... so individueel as wat julle is.
en dan kry julle ook ...
  • onbeperkte ruimte  Ons beperk nie jul ruimte nie. Julle gaan dus nie onverwags ekstra moet opdok omdat julle meer as vyf foto's gelaai het nie ... wat ons aan betref kan julle vyftig op jul webwerf laai.
  • 'n onbeperkte trou-album en wittebrood-album ... 'n maklike manier vir gaste om na jul troue foto's te kies van jul webwerf af sodat julle die oorspronklike foto's na hulle kan epos, waarna hulle dit self plaaslik kan ontwikkel. Jul foto's kom so maklik sonder posgeld of risiko by enige iemand op enige plek op aarde.
  • ekstra nut uit jul RSVP bladsy en jul Gasteboekbladsy  (jul interaktiewe bladsye). Pas hulle aan om ook jul gaste se spyskaartkeuses vir die hoofgereg te kry (baie gerieflik en koste-doeltreffend vir jul spysenering), uit te vind wie kinderoppasdiens benodig, musiekversoeke van jul gaste kry ... wat julle ook al wil weet om jul reelings te vergemaklik.
  • ruimte vir alles wat nie op jul troukaartjie inpas nie, soos drag, padkaarte, kontantkroeg of nie, spesiale reelings vir kinders, jul geskenkregister of wenke vir geskenke, en die besonderhede vir spesiale geleenthede vooraf soos wie die pamperlangpartytjie / kombuistee en ramparty reel.
  • plek waar almal jul huwelikskalender en troudagprogram kan opsoek sodat almal weet wat wanneer gebeur ... 'n maklike, doeltreffende manier om te kommnikeer  en jou baie stres, oproepe en opvolgwerk bespaar.
  • 'n volledige tutoriaal sodat julle vinnig jul webwerf bemeester
  • ervare web-ondersteuning ... ons is net 'n epos ver.
  • geen verskuilde koste nie Julle betaal eenmalig klaar. Daar is geen bykomende fooie  vir hosting of ekstra webruimte nie.  
  • Internet sekuriteit Julle kry jul wagwoord beskerming, en net jul gaste het jul webadres.

Beskikbaar in Engels en Afrikaans Ons susterwebwerf www.OurWeddingPage.co.za verskaf presies dieselfde diens ... gerieflik as jul gaste oorsee woon.

 

Klaar besluit?

 

Dienste outomaties deel van jul webblad

 

  • Met 'n webwerf vir jul troue het julle GRATIS toegang tot die volgende dienste:
  • ontvang RSVPs via jul webblad ... gratis, en prakties, alles bymekaar. Geen gaste verloor hul RSVP-kaartjies en niemand s'n raak in die pos weg nie.
  • kies self na watter e-adres jul RSVPs moet gaan ... na jouself, jul huweliskbeplanner, die ko-ordineerder van jul venue
  • jul geskenkregister opgestel soos dit julle pas ... met skakels na die winkels waar julle jul geskenregister hou, en/of telefonnommers van die persoon wat jul geskenkelys hou en/of 'n boodskappie as julle eintlik kontant verkies. Geen ongemaklike verduidelikings nie, en baie gerieflik vir besige gaste.
  • die titels van jul bladsye kan verander word om by jul troue aan te pas.
  • laat die bladsye afskakel wat julle nie gebruik nie
  • 'n GRATIS eksemplaar van die e-boek Ons Huweliksbeplanner - 90 bladsye so-maak-mens riglyne, wenke, idees en alles wat jy nodig het om te weet ... van hoe om 'n ruiker te kies wat by jou trourok pas tot idees vir interessante foto's om met jou fotograaf te bespreek
  • ons blogspot gebruik met wenke, idees en hulpmiddels. Klik hier

 

En die fooie? Klik hier
Dis maklik om in te teken! Klik hier

 

Ekstra dienste

 

Vir jul gerief is die volgende dienste beskikbaar, teen bykomende fooie 
 - Dagboek ons Datum e-kaartjies Stuur dit lank voor die troukaartjies uit na al jul spesiale gaste sodat hulle jul dag betyds opsy sit - 'n moet as julle oor 'n langnaweek of in die skoolvakansies trou, en baie bedagsaam teenoor besige gaste. Klik hier om meer uit te vind
- Grafiese kunstenaar ... vir ontwerp van e-troukaartjies. Kontak ons per epos en lees hier meer daaromtrent en sien hier voorbeelde van e-troukaartjies en e-ontwerpe
 - Eksklusiewe ontwerpe Ons kan op versoek bestaande webwerwe wysig, of 'n eksklusiewe, net-vir-julle webblad ontwerp. Klik hier om meer uit te vind
 - Algehele privaatheid As julle jul troue uit die openbare oog wil hou, kan ons jul webwerf so verskuil dat die soekenjins dit nie vind nie - net jul gaste wat jul webadres het.
 - Webjoernalis om jul teks vir julle op te stel. Fooie begin by R500. Versoek per Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee .
 - Langtermyn verblyf ... heerlik romanties om met elke herdenking gou jul troue-webwerf deur te blaai. Kilik hier

 

Maklik om te gebruik ... skeppend. Romanties en pret!

 

Elke paartjie het hul eie liefdesverhaal, hoe hulle ontmoet het, hul drome ... vertel dit!  En hoekom nie? Dit is heerlik romanties
Doen dit saam - die bruidegom voel soms bra uitgelaat en soos 'n gas op die troue. Hier kan julle saam doen, saam jul storie in jul eie woorde vertel
Jul gaste is ingelig - prakties vir hulle en julle ... en bedagsaam sodat almal hul tyd geriefik kan beplan
Jul gaste kry handige inligting, soos waar om verblyf te bespreek en wat julle graag as geskenke verkies.

 

Wat van net 'n e-troukaartjie?

Julle kan ook net 'n e-kaartjie uitstuur. Lees hier meer
Of julle kan jul webwerf as jul troukaartjie gebruik. Gebruik die 'Welkom' bladsy om jul troukaartjie te plaas, gebruik die RSVP-bladsy vir jul gaste se respons ... en skakel die res van die bladsye af.

En ...

Julle kry uitmuntende, persoonlike diens, elke dag
 Geniet dit!

 

OnsTroudag

 

Handige skakels

 

 

doen dit sommer nou!

 

 
Teken in op OnsTroudag se nuusbrief!
Vir nuus, nuttighede en notas van OnsTroudag soos
  • Stel self 'n oorspronklike tema vir jou troue saam
  • Idees vir tafelgeskenkies
  • Something old, something new ?
  • Troukoek sjeik
  • Klink die glasies! Die lekkerste verwelkomingsdrankies
  • Idees vir huweliksbeloftes
  • Ons versameling romantiese aanhalings en gedigte
Email:
Ons belowe om jou email adres privaat te hou

Hernu hier






Wagwoord vergeet?
Nog nie jou eie troudag webblad nie?
Teken nou in.