Tuis arrow Jul persoonlike troue-webblad arrow Eksklusiewe troue-temas
Eksklusiewe trou-ontwerpe

Wil julle ‘n werklik spesiale, heeltemal eksklusiewe  troudag webblad hê? Met 'n tema waarop julle self besluit het? Julle kan een bestel by OnsTroudag.co.za

OnsTroudag.co.za verpersoonlik templette op aanvraag, met temas en kleure volgens jul eie smaak. Eksklusief en enig, net vir julle! Ons skep twee soorte eksklusiewe troudag webwerwe: tydelik eksklusiewe ontwerpe en permanent eksklusiewe ontwerpe

Tydelike  Eksklusiewe Troudag-templet

Vir hierdie templette spesifiseer julle jul kleure en tema. Ons soek dan ‘n aantal gepaste professionele foto's en tekstuur-elemente, waaruit julle jul eie keuses maak. Julle kan ook jul eie aanhaling opstel vir insluiting. Dan herskep ons ‘n bestaande templet en rond dit af met jul keuses.

Julle verkry eksklusiewe gebruik daarvan vir tot een maand na jul troudatum. Daarna word die templet algemeen beskikbaar gestel, en kan ander paartjies dit gebruik, net soos al die gewone templette ... maar dit was eerste julle s'n!

 Permanent Eksklusiewe Troudag-templette

Hierdie eksklusiewe templet word net vir julle ontwerp en niemand anders gebruik dit ooit na julle nie. Dit word net soos die standaard eksklusiewe templet geskep, met ander woorde met jul keuses van kleure, illustrasies, teksture en aanhaling.

Hoe om ‘n eksklusiewe webblad te kry

Kontak ons telefonies by 021-976-5301 tydens kantoorure om reëlings daarvoor te tref en om jul behoeftes te bepaal. Ons sal byvoorbeeld wil weet watter kleure, tema, soort foto's en aanhalig julle in gedagte het - hoe meer julle vertel, hoe beter!

Ons benodig ongeveer vier weke om jul eksklusiewe webwerf te voltooi. Skakel ons tydens kantoor-ure by 021-976-5301 om dit te reël.

Handige skakels

Fooie
Teken in
V&A Eksklusiewe trou-ontwerpe

 
Volgende >
Teken in op OnsTroudag se nuusbrief!
Vir nuus, nuttighede en notas van OnsTroudag soos
  • Stel self 'n oorspronklike tema vir jou troue saam
  • Idees vir tafelgeskenkies
  • Something old, something new ?
  • Troukoek sjeik
  • Klink die glasies! Die lekkerste verwelkomingsdrankies
  • Idees vir huweliksbeloftes
  • Ons versameling romantiese aanhalings en gedigte
Email:
Ons belowe om jou email adres privaat te hou

Hernu hier






Wagwoord vergeet?
Nog nie jou eie troudag webblad nie?
Teken nou in.