Gratis vir jul troue
Bruidsregister | Bruidsregister |
|
Wat is die etiket rondom trou-geskenke?Party mense voel enige vorm van voorstelle oor trougeskenke druis teen alle etiketbeginsels in. 'n Ander groep gaste sal egter juis vra waar jul geskenkregister geregistreer is want dit bespaar hulle tyd en moeite ... en is die essensie van etiket dan nie juis om jou gaste tegemoet te kom nie? Nog ‘n groep voel dit het reeds ‘n trou-tradisie geraak en dink die etiketvoorskrifte is verouderd. Die punt is dat trougeskenke 'n netelige kwessie is. Wat is die regte ding om te doen? Hoe trap jy nié op tone nie? Hoe roer jy hierdie ongemaklike onderwerp aan? Die oplossing is ... plaas dit op jul persoonlike OnsTroudag.co.za webblad! Benut jul troudag webblad se geskenkregisterJul persoonlik OnsTroudag.co.za is die ideale plek om sensitiewe inligting bekend te maak. Hier kan julle jul woorde fyn kies en taktvol sê wat julle verlang ... en dit aan die gaste oorlaat om te gaan kyk en te besluit wat hulle wil doen. Geen druk, geen ongemaklike verduidelikings nie en en geen onduidelikhede nie! Maak so met ‘n bruidsregister/ wenslys vir trougeskenkeJulle kry op jul OnsTroudag.co.za 'n bladsy vir jul bruidsregister. Noem daar hoe julle dit gedoen wil hê. Hier is die gewildste opsies - kies die een waarmee julle die gemaklikste is ... of dink jul eie plan uit:
Antwoord ook ander moeilike vraeGaste het ook ander ongemaklik vrae soos ‘Is ons genooi na die kombuistee / bachelorette aand?' of 'Ons het ons uitnodiging verloor - hoe laat is die troue nou weer ?' Jul eie OnsTroudag.co.za antwoord hul vra maklik! ... en kry dubbele nut uit jul Dagboek-ons-Datum kaartjies!Hoe gaan hulle weet wat jul OnsTroudag.co.za adres is? Laat dit plaas op jul troukaartjies en/of op jul Dagboek-ons-Datum kaartjies. Ons verskaf e-kaartjies, wat julle aan gaste epos. Volg die skakel hieronder. Handige skakels |
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Eintlik het julle het ‘n wenslysie van trougeskenke. Of julle wil ‘n bruidsregister uitsit. Dalk gaan jul strooimeisie jul geskenkelys ko-ordineer. Miskien sou julle dolgraag kontant in stede van geskenke wou ontvang omdat julle dit sinvol kan benut om jul nuwe blyplek in te rig. Maar hoe dra mens voorskrifte oor trougeskenke taktvol aan gaste oor?