Gratis vir jul troue
Gratis RSVP diens en gasteboek | Interaktiewe gasteboek |
|
Al daardie sms'e om julle geluk te wens met jul verlowing of troudag word later uitgevee ... die telefoon-oproepe raak vergete. Maar in jul eie Troudag.co.za se gasteboek kan alles vasgelê word, vir so lank as wat julle jul webwerf in stand wil hou.
Die interaktiewe gasteboek is een van die heerlikste ekstras van jul eie OnsTroudag.co.za webblad. Dit vorm later die basis van jul eie wonderlike herinneringe aan jul troudag - net soos die vergeelde telegramme wat ons ouma's al jare lank koester! Kyk wat alles in ons demo OnsTroudag.co.za geskryf is. Hoe gaste gelukwensinge en boodskappe in jul gasteboek laai
Omdat ons om veiligheidredes net julle toelaat om op jul persoonlike OnsTroudag.co.za teks te laai moet gaste deur julle werk. Maar dit is baie maklik: Hulle gaan eenvoudig na jul Gasteboek -stuur boodskappe hier en voltooi die boodskapvorm. Hul boodskap word per e-pos na julle gestuur. Julle kopieer en plak dit dan in jul album waar julle dit wil hê. Julle kan ook jul kommentaar byvoeg, wat hulle en al jul ander gaste kan saamlees. En as hulle sms of bel? Bluetooth die sms na jou e-pos-adres, of tik die sms in jou gasteboek in. Oproepe kan ongelukkig net deur julle aangeteken word - maar doen dit want dit raak later ‘n kosbare deel van jul herinneringe. Handige skakels
Demo's |
| Volgende > |
|---|