Gratis vir jul troue
Foto-album | Onbeperkte aanlyn foto-album |
|
Jul persoonlike OnsTroudag.co.za sluit ruimte in vir ‘n aanlyn troudag foto-album met oorgenoeg plek vir al die foto's van jul troue - vir so lank as wat julle wil! En waarom wag tot na die torue voor julle foto's oplaai? Maak hofies vir jul verlowing, pret soos 'n spa-dag of ontbyt vir die blomme-meisies en jul familie. Daar is baie bykomende voordele aan ‘n aanlyn album, soos Leer ken die trougasteJulle het mekaar moontlik ver van die huis af ontmoet, en dus ken baie van die gaste óf nie die bruid nie óf nie die bruidegom nie. Die aanlyn foto-album is ‘n lekker manier om julself, jul families en jul gevolg aan jul huweliksgaste bekend te stel. Julle kan ook jul families en die bruidsmeisie(s) en strooijonker(s) se foto's plaas. Alles dra by om ‘n heerlike gevoel van betrokkenheid en afwagting onder jul gaste te skep - veral lekker vir die wat ver woon ... en baie opwindend So te sê onverwoesbaar
Geen virus kan die foto's vernietig nie. En as die hardeskyf van jul rekenaar oppak is jul aanlyn foto-album steeds veilig en weer beskikbaar. As jul kamera breek is dit steeds daar. En as julle trou-album per ongeluk vernietig word is dit ook steeds daar.
Hoe om foto's op jul trou-album te laaiLees in die tutoriaal hoe om foto's op jul webblad te laai. Julle kan die foto's onbelemmerd op jul bladsye posisioneer en selfs byskrifte byvoeg soos julle wil. En foto's van jul vriende?Ja, jul vriende kan ook foto's vir jul album stuur. Omdat net julle om veiligheidredes toegelaat word om foto's op jul persoonlike OnsTroudag.co.za te laai, moet gaste ook deur julle werk. Maar dit is baie maklik: hulle e-pos eenvoudig hul foto's in JPEG formaat na julle, en julle kopieer en plak dit dan in jul album waar julle dit wil hê. Julle kan ook byskrifte byvoeg. Onthou om hulle te vra om die foto-grootte te beperk tot 1,5MB. Dit laai net soveel vinniger -en lyk steeds pragtig op jul skerm. Foto's op jul ander bladsye?Julle kan foto's op enige ander bladsy laai, van die bruidsmeisies tot jul tafeldekor en jul venues. ... en die hooffoto!Die kersie op die koek is beslis dat OnsTroudag dit vir julle moontlik maak om jul eie foto op jul webblad se voorblad te sit! Lees in die tutoriaal hoe. Handige skakels |
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Een van die lekkerste herinnerings aan ‘n troudag is die troufoto's.
Op jul eie OnsTroudag.co.za is jul foto's veilig want jul webblad word op ‘n privaat virtuele netwerk gestoor.