Tuis arrow Jul persoonlike troue-webblad arrow Privaat trou-webwerf
Privaat trou-webblad

Privaatheid op die Internet is waardevol. Ons het verskeie maatreëls in plek om dit te verseker, soos onder meer ‘n privaat virtuele netwerk waar OnsTroudag webwerwe veilig buite algemene bereik gestoor word.

Privaatheid vir jul troudag webwerf

Ons eerste vlak van privaatheid begin by die adres vir jul persoonlike troudag webblad. By OnsTroudag.co.za kry elk bruidspaar hul eie OnsTroudag.co.za adres, met ander woorde julle het jul eie URL. Dit beteken net mense met jul adres kan jul webblad opspoor. Julle kies self met wie julle dit wil deel. Ons sal nooit jul adres aan ander bekend maak nie - ook nie aan adverteerders of diensverskaffers nie.

Op hierdie vlak kan enige iemand julle via soekenjins soos Google en Yahoo opspoor - voordelig vir vriende wat jul presiese adres vergeet het. As julle 'n groter mate van privaatheid soek, bied OnsTroudag.co.za twee verdere opsies:

Waarom ‘n privaat persoonlike troudag webwerf?

privaat.jpg Party van ons klante wil nie hul huweliksbesonderhede bekend maak nie maar hulle wil tog ook die gerief van ‘n persoonlike troudagwebwerf hê.

Ons respekteer dit ten volle. Daarom het ons ‘n reeks van maatreëls is plek om privaatheid te waarborg, as julle dit vra.

Onthou, as julle privaatheid vra, kan vriende wat jule adres vergeet het nie jul webwerf  nie sommer net google nie!

 

Hoe om ‘n privaat troudag webwerf te kry

Ons bied twee privaatheidsopsies:

Privaatheidsopsie 1

Ons stoor jul webwerf privaat en publiseer nie detail daaroor vir die soekenjins nie. Julle kan dus nie met soekenjins soos Google en Yahoo opgespoor word nie.

Hoe kry julle Opsie 1? Kies privaatheidsopsie 1 deur op die intekenvorm die blokkie vir privaatheidsopsie 1 te merk:

_ Privaatheidsopsie 1 (Ons webblad verskyn nie op die internet soekenjins nie)

 

Privaatheidsopsie 2

Ons stoor jul webwerf privaat en publiseer nie jul webwerf vir die soekenjins nie en ons tref verdere maatreëls om jul identiteit volkome te verskuil. Julle kan dus nie met soekenjins soos Google en Yahoo opgespoor word nie en jul adres en jul identiteit word verder verskuil. Om veiligheidsredes maak ons dit nie hier bekend nie.

Hoe kry julle privaatheidsopsie 2?

  •   Skakel ons daarvoor telefonies tydens kantoorure rondom by 021-976-5301
  •   Wanneer julle inteken, merk die blokkie:

 

             _ Privaatheidsopsie 2   (Ons webblad verskyn nie op die internet soekenjins nie en                                                    ons inligting word veilig sekuur beskerm)

Let op

Die bruidspaar se sekuriteit bly deels in hul eie hande. Ons tref alle maatreëls moontlik om van ons kant af hul identiteit te beskerm maar dit verg hul samewerking. Ons kan nie verantwoordelik gehou word as die adres deur die bruidspaar aan buitepartye verskaf word nie.

Handige skakels

Fooie
Teken in
V&A oor ‘n privaat webblad vir jul troue

 
< Vorige   Volgende >
Teken in op OnsTroudag se nuusbrief!
Vir nuus, nuttighede en notas van OnsTroudag soos
  • Stel self 'n oorspronklike tema vir jou troue saam
  • Idees vir tafelgeskenkies
  • Something old, something new ?
  • Troukoek sjeik
  • Klink die glasies! Die lekkerste verwelkomingsdrankies
  • Idees vir huweliksbeloftes
  • Ons versameling romantiese aanhalings en gedigte
Email:
Ons belowe om jou email adres privaat te hou

Hernu hier






Wagwoord vergeet?
Nog nie jou eie troudag webblad nie?
Teken nou in.