Jul persoonlike troue-webblad
'n Webblad vir jul troue | 'n Webblad vir jul troue |
|
Hoe vertel jy jou gaste taktvol van jou bruidsregister? Waar ontmoet hulle die bruidegom as jy hom in Alaska ontmoet het? Hoekom 'n persoonlike troudag webblad opstel?
Waar skryf jy reëlings neer oor wie op die lughawe opgetel moet word en wie allergies is vir seekos? Hoe gemaak met gaste wat akkommodasie soek? Waar hou jy kontaknommers en kwotasies van verskillende troufotograwe sodat jy kan vergelyk? Waar bêre jy die kontaknommers van die beste venues? Waar hou jy al die rsvp's? En waar hou jy kosbare sms'e en epos met gelukwensings sodat jy hulle vir altyd kan koester? Hoe bespaar jy tyd en geld as jy 'n duisternis oproepe moet maak om almal ingelig te hou oor reëlings? Die oplossing is .... jou pragtige persoonlike OnsTroudag webwerf. Hier kan jy al die nodige inligting aan jou gaste oordra en al jou reëlings neerskryf - stylvol en terselfdertyd doeltreffend. ‘n Persoonlike troudag webwerf is nie net vir die plesier nie: dis regtig noodsaaklik en handig. Jul eie OnsTroudag.co.za webblad is die gerieflikste manier om jou eie persoonlike internetwebblad te skep. Jy kies uit ‘n verskeidenheid unieke, professioneel ontwerpe templette in die jongste en klassieke kleure om perfek by die tema en dekor van jou troue te pas, met jul eie foto op jul voorblad. Daarop is alles wat jy nodig het om jou troudag professioneel te organiseer. Ons kan ook vir jou ‘n eksklusiewe templet in jou persoonlike troutema en kleure skep. Is dit pret?Ja! Hier vertel julle jul liefdesverhaal in jul eie woorde, laai al jul spesiale foto's op, en kuier heerlik in jul gasteboek met jul vriende - veilig van kuberidentiteitsdiewe. (Ons het ‘n beskermde privaat virtuele netwerk.) En so skep jy ‘n heerlik romantiese aandenking van jul verlowing en troudag, wat jy permanent op OnsTroudag kan laat ...sodat jy weer en weer daarna kan teruggaan. Lees hier meer oor die permanente webblad.
OokWanneer julle inteken kry julle die OnsTroudag Huweliksbeplanner gratis. Dis propvol praktiese inligting oor hoe om ‘n troue te reël én sluit in al die werksblaaie wat jy benodig om al daardie reëlings, datums, detail, lyste, pryse en so aan neer te skryf - essensieel vir jou troureëlings. Ons Vra Libbie-seksie gebruik kenners om jou vrae te antwoord oor als waarvoor jy oplossings soek. Stuur 'n e-pos na Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee , en ons sal 'n kundige kry om jou vraag te beantwoord. Nog voordele van ‘n OnsTroudag webblad Dis nuttig vir jul gasteGaste het vrae soos ‘watter geskenk sal welkom wees?' of ‘gaan die onthaal 'n dans insluit?' en 'hoe formeel moet ons aantrek' of 'waar kry ons bekostigbare / ekstra luukse akkommodasie (plekke waar julle nie self op wittebrood is nie!) Julle wil inligting deel soos dat julle ‘n bruidsregister het of geld as geskenke verkies. Dalk wil julle aandui wie julle reeds gevra het om die bruid die kerk binne te bring en om die heildronk op die ouerpare in te stel. Netelige inligting, reguit vrae en lang verduidelikings kan ongemaklik wees. Op jul eie OnsTroudag webwerf kan julle sensitiewe inligting taktvol maar duidelik oordra. Dis ook maklik vir jul gaste om aan-lyn te rsvp - blitsig en doeltreffend Dit spaar tydDit bespaar julle ure op die selfoon. G'n verduidelikings oor die bruidsregister en padaanwysigings nie, wie die kombuistee reël, waar die ramparty is, en waar gaste akkommodasie kan bespreek nie. Dis als daar vir jul gaste om te lees Jul gaste geniet ditAl die familie en vriende kan foto's bylas en hul huwelikswense vir julle in jul gasteboek aanteken - selfs dié wat ver woon. Dis ‘n kenmekaarAl ooit op ‘n troue gewees waar jy die bruid/bruidegom glad nie ken nie en ontuis gevoel? Gaste voel meer betrokke en ingelaat in jul dag as hulle julle vooraf leer ken. En dis ‘n kompliment vir hulle - wat vriendskapsbande versterk Dis ‘n aandenkingAl jul gaste se bydraes en jul eie aantekeninge skep die basis vir ‘n kosbare, wonderlike memoire van jul groot dag Dis uniek aan julleElegant? Klassiek? Informeel? Cerise? Ivoor? Helder? Pastelle? Eksklusief? Afrika? Daar is ‘n OnsTroudag.co.za wat by jul styl en troutema pas en waarop julle jul stempel kan afdruk om dit werklik eie aan julle te maak, ingekleur met júl woorde, júl foto's, júl storie Dis bekostigbaar‘n Komplekse webblad soos enige van die OnsTroudag.co.za templette kos vir die individu tiene van duisende rande. Geïndividualiseerde en eksklusiewe templette is die antwoord. En dis vir altyd ... OnsTroudag het genoeg ruimte om troudag webblaaie langtermyn te huisves, sodat julle oor ‘n jaar of twee, drie weer daarna kan gaan kyk.
Handige skakels
Bruidsregister |
| Volgende > |
|---|